

SUENELL SE KITS TERT
1 pakkies karamel kits-poeding
1 blik Ideal melk
1 blik kondensmelk
200 ml melk
3 velletjies gelatien (geweek)
1 sjokolade koek (myne was oorskiet 240 g, fyn gemaak)
Meng 80 ml van die ideal melk by koek krummels en druk in bak vas vir kors.
Kits poeding, melk, Ideal melk en kondensmelk alles goed saam.
Meng gelatien velle in omtrent 120 ml kookwater tot gesmelt.
Klits gelatien stadig by die res van die mengsel en klits alles baie goed.
Gooi oor koekkors en plaas in yskas vir ‘n uur tot gestol.
Ek het ‘n Due Aro gerasper en oorgestrooi.
Resep en foto: Suenell Liebenberg






