

OUTJO AARTAPPELS
6 middelslag aartappels
375 ml gerasperde kaas
125 ml room
15 ml botter
5 ml sout
1 ml neutmuskaat
knippie peper
Voorverhit die oond tot 200 º C.
Kook aartapels in die skil tot gaar.
Dreineer die aartappels en alveer elkeen dan met skil en al.
Hol elke helfte versigtig met ‘n teelepel uit tot naby die skil.
Druk aartappels wat uitgeskep is, fyn.
Voeg 200 ml kaas, tweederdes van die room, die botter, sout en neut en peper by die fyn aartapels en meng goed.
Vul die aartappelsdoppe met die mengsel en maak ‘n holte in die middel van elke vulsel.
Skep die oorblywende room in die holtes.
Bak 30 min lank of tot goudbruin!
Heerlik!
Foto: Benhet Nieuwenhuis






