

BOELIEBIEF MUFFINS
4 eiers
½ koppie melk
75 ml olie
200 ml meel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
1 blik soutvleis, fyn gedruk
1 koppie gerasperde kaas
5 ml fyn uie
Kook 2 van die eiers hard en maak fyn.
Klits 1 van die eiers saam met die melk en olie tot goed gemeng.
Sif meel, bakpoeier en sout in melk mengsel en meng goed.
Skep deeg in muffun pan.
Meng laaste eier, uie, soutvleis, gerasperde eier by en skep vulsel bo op en strooi kaas oor.
Bak 180 ºC vir 15-20 min.
Foto Roni Van Der Walt







Geskuif