

OMELET LEKKERTE
3 eiers
15 ml vars broodkrummels
15 ml melk
5 ml pietersielie
1 aartappel, gaar en in blokkies gesny
15 ml gekapte ui
15 ml kaas, gerasper
15 ml olie
sout en peper
Klits eiers goed.
Voeg al die ander bestanddele by en roer goed.
Giet in 23 cm warm pan, gespuit met kossproei.
Bak 2 min tot onderkant gaar is, lig die kante van tyd tot tyd dat die boonste rou eiermengsel onderin kan loop.
Bedien met ‘n vulsel van jou keuse, ek het van die oorskiet maalvleis van die vetkoeke gebruik OF
Vou die omelet en sit voor saam met vars roosterbrood en pangebraaide kersietamaties.
Foto: Frieda Greyling






