

KRAKERIGE HOENDERVLERKIES
4 opgehoopte eetlepels koekmeel
2 eetlepels maizena
1 teelepel uiepoeier
1 teelepel knoffelpoeier
2 teelepels suiker
½ teelepel elk sout en peper
1 teelepel rajah medium kerriepoeier
16 hoender vlerkies, geknip
½ koppie water
Olie vir diepbraai
Meng al die droë bestanddele bymekaar in ‘n mengbak. Voeg die hoender by en roer deur tot goed gemeng. Voeg die water bietjie vir bietjie by. Die mengsel moet klewerig en klam wees. Nie loperig nie. Verhit die olie teen 160 ºC. Braai die hoender, so in sarsies van 8 op ‘n slag, tot dit ligbruin is. Sodra al die hoender gebraai is, verhit die olie tot 190ºC en braai weer in sarsies van 8 vir ‘n verdere 2-3 minute tot goudbruin.
Foto: Charleen Nieuwenhuizen






