

KYLE SE “WHOLE-IN-ONE” OORSKIET RYS DIS
Ek’s mal vir oorskiet rys. Probeer my een. Ek noem dit my Whole-in-1. Die bestanddele hang af van die hoeveelheid rys wat oor is.
1 van elk:
ui
knoffel huisie
rooi soetrissie
Oxo hoender blokkie
groen soetrissie
gerasperde wortel
1 koppie gevriesde ertjies
1 koppie gevriesde garnale
blikkie gerookte mossels
suurlemoen
Braai gekapte ui, knoffel en pepers saam in die mossels se olie.
Voeg gerasperde wortels by en braai op gemiddelde hitte.
Voeg tiemie en droë Oxo blokkie by.
Kook nog so ‘n paar minute en gooi dan die gevriesde garnale en ertjies by.
As dit alles lekker deur gekook het, voeg dan die rys by.
Meng lekker en los op lae hitte sodat die rys die sap bietjie op week.
Voeg mossels by totdat dit warm is.
Skep in en bedien met suurlemoen skyf.
Foto en resep: Kyle Jensen







geskuif