

KLAM CUPCAKES
Probeer gerus hierdie een. Heerlike, klam cupcakes en flop nooit. Jy gaan baie komplimente vir hulle kry. Die geheim: meet bestanddele noukeurig af, gebruik die korrekte grootte eiers, volg instruksies noukeurig en bak slegs 16 minute)
4 (LARGE) eiers
15 ml bakpoeier
125 ml kookolie
125 ml kookwater
5 ml Vanilla geursel
310 ml koekmeel
250 ml suiker
2,5 ml sout
30 ml kakao (vervang met maizena vir vanilla cupcakes)
Voorverhit oond tot 180°C.
Skei eiers (eierwitte in mengbak waarin jy dit later kan styf klits; eiergele in aparte mengbak).
Voeg kookolie en dán kookwater en vanilla essens by eiergele en meng goed.
Meet koekmeel, suiker kakao (óf maizena) en sout af in mengbak waarin jy lekker kan klits.
Klits eierwitte styf saam met 10 ml van die bakpoeier en hou eenkant.
Voeg vloeistofmengsel (met eiergele in) by meelmengsel en klits vinnig totdat al die suiker opgelos is.
VOU nou styfgeklitste eierwitte en ander 5 ml bakpoeier by meelmengsel in met’n lepel, nét tot goed gemeng.
Skep in cupcake bakkies. (vul bakkies so twee derdes vol) Bak vir nét 16 minute by 180 °C.
Lewer 20—24 standaard grootte cupcakes.
Foto en resep: Daleen Stephens






