

HEERLIKE BOBOTIE
Gister aand het ons Bobotie met Geel rys en geroomde spinasie geeet
Bobotie met geelrys
1 sny brood
1 koppie melk
2 groot uie gekap
1 eetlepel kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 eetlepel appelkooskonfyt
4 eetlepel blatjang
½ koppie ontpitte rosyne
1 kg maalvleis
2 teelepels sout
1 teelepel peper
2 teelepels koljander
2 eeetlepel suurlemoensap
4 lourierblare
2 eiers
Week die brood in die helfte van die melk en maak fyn. Braai die uie in ‘n bietjie olie, tot sag en goudbruin. Voeg die kerriepoeier, borrie, appelkooskonfyt, blatjang en rosyne by en roer goed. Voeg die vleis, sout, peper, koljander, suurlemoensap en broodmengsel by en braai tot bruin. Skep dit in ‘n vuurvaste oondskottel, rol die lourierblare op en steek dit in die mengsel in. Bak vir 45 minute lank in ‘n matige oond by 180ºC.
Klits die eiers en oorblywende melk saam en giet dit oor die vleis en bak vir ‘n verdere 30 minute. Dien dit op met gekookte geelrys, blatjang en ‘n gemengde slaai.
Bron van resep: Heiner Lange.
Nota: Ek het net 1 ui gebruik en het ook die rosyne uitgelaat want my man eet dit nie. Was nogsteeds heerlik
Geel rys het ek net rys gemaak en Robertson se spice for rice bygegooi en gekook tot gaar
Geroomde spinasie
Kook spinasie tot sag, so paar minute. Maak witsous aan en meng spinasie saam met witsous. Geur met sout en peper en geniet. Mens kan room ook ingooi, maar ek probeer om gesonder kos te maak so ek het laevet melk gebruik in plaas van volroom en Flora light in plaas van gewone botter of margarien en die room uitgelaat
Resep en foto: Juanita Vermeulen






