

FLIPKOTIE SE LEKKERSTE BUNNY CHOW
Resep en foto: Flipkotie Olivier
FOOD LOVERS RECIPES
1.3 kg lamsvleis
6 groot rooi tamaties
4 groot uie
4 aartappels, in blokke gesny
1 stukkie gemmer en dieselfde hoeveelheid knoffel
13 g korma masala
1 teelepel sout
3 eetlepel hoogvol kerrie poeier
Braai uie tot mooi bruin. Sny tamaties by uie en braai vir so 2 min.
Sit res van bestanddele by behalwe die aartappels en roer sodat alles goed bedek is.
Dan geen Water!
Sit deksel op en kook baie lae hitte. Ek het vir 6 ure myne gekook op nr 2 op my stoof.
Ek het my aartappels laaste by gesit. So 15 min voordat ek pot afgehaal het. Toets dat aartappels sag is voor jy bedien.
Bedien in ‘n uitgeholde brood, en sit die uitgehaalde brood by om die sousie mee op te eet.






