


SMUL LEKKER SPEK, SPINASIE EN FETA QUICHE
Resep en foto: Chante Putter
2de foto: Moira van der Westhuizen
FOOD LOVERS RECIPES
Kors:
240 g koekmeel
230 g botter
150 g gerasperde cheddar kaas
Smeer met botter of spuit met cook n spray ‘n quiche ring/tert bord en voorverhit jou oond na 180 ºC.
Meng al die kors bestanddele saam in ‘n voedselverwerking en druk die deeg vas in jou ring of tert bord.
Hou die kors in die vrieskas terwyl jy jou ander bestanddele voorberei.
Vulsel:
500 g spinasie, gesnipper
1 eetlepel olie
250 g spek
1 ui, fyngekap
1 knoffel huisie, fyn gekap
250 g sampioene, gekap
sout, peper en aromat na smaak
100 g gerasperde kaas
Braai al die bestanddele behalwe die kaas saam tot mooi gaar. Skep dit in die tert kors en maak seker dat dit mooi gelyk versprei is oor die kors. Sprinkel nou die gerasperde kaas saam.
Bolaag:
3 eiers
150 g korrelrige maaskaas
100 ml melk
1 wiel feta kaas
gemengde gedroogde kruie na smaak
Meng al die bestanddele saam, behalwe die feta en kruie. Giet die mengsel oor jou spinasie mengsel en krummel dan jou feta bo oor. Sprinkel nou met gemenge kruie en bak vir 30-40 min (totdat hy mooi geset en effens bruin is) by 180 ºC.
Hy kan dadelik warm geëet word, maar is ook heerlik as hy oornag in die yskas gestaan het.
Bedien met ‘n lekker vars slaai.
Wenk: Ek hou nie van ‘n baie dik kors nie en my quiche ring is redelik groot. Ek het my kors bestanddele gemeng en helfde daarvan in ‘n zip lock sakkie gesit en in die vrieskas gesit. Die kors deeg vries baie mooi en kan tot en met 6 maande in die vrieskas gehou word. Wanneer jy dit weer wil gebruik, los dit oornag in die yskas om te ontdooi.






