

TAMATIE EN SAMPIOENSOUS VIR BEESTONG
30 ml kookolie
1 groot ui, fyngekap
1 blikkie x 285 g heel sampioene
125 ml tamatiesous
125 ml asyn
30 ml suiker
10 ml aangemaakte mosterd
10 ml sout
1 ml peper
Braai die ui in die kookolie tot sag. Voeg die sampioene en hul vloeistof, tamatiesous, asyn, suiker, mosterd, sout en peper by en kook dit sowat 5 tot 8 minute oor matige hitte. Gooi die sous oor die tongskyfies. Bak die tong 30 minute lank by 180ºC.
Nota: Hierdie sous is oorspronklik vir ‘n hoender resep, ons noem dit sommer rooi-hoender, maar dit is heerlik saam met tong.
Resep: Rene Truter Wessels






