

HEERLIKE BEESTONG MET SOUS IDEES
Marius Hammond:
BBQ EN SOETRISSIE BEESTONG
Kook die beestong in ‘n stoompot of slowcooker tot sag. Laat dit bietjie afkoel en trek die vel af. Sny dit in skywe en pak in ‘n oondvaste bak. Braai uie tot goudbruin en gooi bo-oor die tong.
Meng die volgende saam as sous:
1 bottel Knorr BBQ sous
1 bottel Wellington Sweet Chillie sous
Gooi bo-oor die tong/uie en bak in die oond vir ongeveer 20 min op 200°C.
Jy gaan jou vingers aflek van lekkerte… geniet dit!
Annatjie Kotze:
Beestong, klaar gaar gemaak
Prut sowat 3 ure, haal vel af en sit terug in sous waarin hy gekook is.
nou vir die sousie daarby…
Vat ‘n paar gebottelde agurkies, sny fyn gooi in bakkie.
Neem nou mayonnaise soos nodig omtrent 4 eetlepels hoog vol,
en sowat 2 eetlepels van die agurkiesous in die bottel.
Meng goed en gooi by die fyngemaakte agurkies.
Mens jy sal nie weer ‘n ander sousie soek om op jou beestong in die bord te skep nie.
Oranje Hotel Upington se reseppie toe ek daar gewerk het… lekkerste ooit!
Marius en Sandra Hugo:
BEESTONG MET ROOIWYN
My oorlede Ma het altyd die beeestong oornag in die oond gaargemaak met sout, naeltjies en knoffel. Die volgende dag is die vel afgetrek, die tong laat koud word en dan skyfies gesny.
Dan het sy uie en bacon gebraai en dan ‘n halwe bottel rooiwyn daarby gegooi, die sous verdik met ‘n bietjie Bisto en die tongskyfies ingesit om deur te kook.
Dit is bedien met rys en ertjies.
Foto: Johan Rossouw






