
WIND DROOG KLEI
1 ½ koppie Maizena
1 koppie houtlym
1 eetlepel asyn
1 eetlepel baba-olie
1 teelepel handeroom
Poeierkleursel, as jy dit nie wit wil hê nie
Meng al die bestanddele saam en meng tot dit nie meer taai is en jy dit maklik kan hanteer. Rol die klei in Maizena as dit dalk bietjie taai voel. Meng nou die kleursel by (indien nodig) en werk deur. Bêre in lugdigte houer (in ‘n plastiek sakkie) en bêre in yskas. Die klei moet kamertemperatuur wees as jy daarmee werk. Maak artikels en laat droog word waar dit warm genoeg is sodat dit gou en maklik kan droog word. As jy ‘n gaatjie wil, maak, druk ‘n strooitjie of iets dunner deur terwyl dit nog nat is.
Resep: Gillian Vermeulen






