
BRAAIVLEIS BROODJIE VAN MIELIEMEEL
500 ml fyn gerasperde wortels
425 ml kookwater
30 ml olie
15 ml heuning
500 ml mieliemeel
2 ml rooipeper
5 ml sout
4 ekstra groot eiers, geskei
Voorverhit die oond tot 180ºC en voer twee broodpannetjies se bodem met bakpapier uit.
Smeer of spuit die pannetjies. Meng wortel, kookwater, olie en heuning.
Sif mieliemeel, peper en sout saam en voeg by die wortelmengsel. Klits eiergele en voeg by die mengsel.
Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou dit liggies in by die mengsel. Skep mengsel in pannetjies en bak 45-50 minute.
Resep geplaas deur Johnny Steyn






