

PAMPOEN PIEKELS MET STERANYS
olie om uie in te braai
1,5 kg geskilde pampoen, in blokkies gesny
2 uie, fyngekap
1 eetlepel gerasperde gemmer
10 ml fyn koljander
10 ml komyn
20 ml bruin mosterdsade
2 of 3 steranys
20 ml borrie
1,000 ml wit druiwe asyn
1 eetlepel knoffel
3 eetlepels kerriepoeier
2 rooi brandrissies, sade verwyder in in stukkies gekap
10 ml sout
15 ml mielieblom
750 g strooisuiker
1 kaneelstokkie
Skil die pampoen en sny in 1,5 cm blokkies. Kook die blokkies in kokende water tot vurkgaar. Dit moet steeds ferm wees om hul vorm te behou. Dreineer.
Braai die uie, rissie en gemmer tot sag en die uie glaserig is, maar nie bruin is nie. Voeg die fyn koljander, steranys, mosterdsade, kardemom, borrie en sout en al die ander geurmiddels by en braai 1 minuut.
Strooi die mielieblom oor, roer deur en voeg dan die suiker by.
Roer die asyn geleidelik by.
Laat stadig kook tot die sous verdik het (sowat 6 minute).
Roer die gaar pampoenblokkies liggies by tot goed deurwarm.
Skep die piekel in warm, gesteriliseerde flesse en bedek. Laat afkoel en plaas in yskas.
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk
Foto: Louise Maclean Hough – ek het net suiker met 1 tot 2 koppies bruinsuiker vervang, proe tot soetsmaak bereik is.






