

MIELIEBROOD MET MIELIEMEEL
Resep geplaas deur Johnny Steyn
Foto: Nicolette Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
150 ml mieliemeel
550 ml koekmeel
25 ml bakpoeier
15 ml suiker
2 ml sout
450 ml melk
80 ml olie
3 eiers
410 g blik mieliepitte, gedreineer
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en voer ’n broodpan uit.
Sif die droë bestanddele saam.
Klits die melk, eiers en olie saam.
Voeg die melkmengsel en mieliepitte by en meng liggies.
Giet die mieliemengsel in die broodpan en bak vir ongeveer 1 uur.







geskuif