MARIAN SE APPEL MALVAPOEDING
Appel malva poeding gemaak gisteraand vir my engelmansmens. Was awesome verby al moet ek dit self sê en ek nie juis mal oor ‘n appel gereg nie.
Ek maak sommer aan in bak waarin ek dit gaan bak.
1 koppie melk
1 koppie meel
1 eetlepel stroop
1 teelepel koeksoda
1 koppie suiker
1 eetlepel asyn
1 teelepel bakpoeier
1 eier
1 groot blik tertappels (ek het myne fyn gemaak soos moes)
2 eetlepels kaneel
Klits eier en suiker met draadklopper tot lig.
Gooi by die stroop en asyn.
Kook die melk. Gooi helfde van melk by mengsel en meng.
Gooi nou die koeksoda by die melk en meng en gooi dan by res van mengsel.
Sif meel, kaneel en bakpoeier in en meng deur.
Gooi nou die appelmoes in en meng deur met lepel.
Bak in oond teen 180°C vir 35 min of tot mes skoon uitkom.
Haal uit oond en druk gate met ‘n mes.
Sous:
Kook ‘n klein botteltjie 100% appelsap met ‘n ¼ koppie suiker tot suiker opgelos is.
Gooi oor poeding terwyl nog warm.
Bedien met Ideal melk of roomys.
Foto en resep: Marian van Deventer