SUE SE MIELIEMEEL POFFERTJIES
Vandag was dit Mieliemeel Poffertjies! Ek het groot geword met dit, my kinders vandag is mal daaroor. Dit is heerlik net so of as ‘n peuselhappie saam braaivleis, vinger ete en die lys gaan aan. Ek wissel dit so bietjie, partykeer net gewoon, partykeer met chillie of bacon, basies enige iets.
2 koppies gaar slappap
2 koppies koekmeel
2 koppies gerasperde kaas
2 eiers
4 teelepels bakpoeier
knippie sout
Laat pap eers bietjie afkoel.
Meng alles goed saam, maak seker die pap is nie te warm nie anders gaan die eiers soos roer eiers lyk.
Skep lepels vol in warm olie en braai tot goudbruin.
Sprinkel met Aromat.
Hoop julle geniet dit.
Foto en resep: Sue Pretorius