MARIAN SE APPEL MALVAPOEDING


MARIAN SE APPEL MALVAPOEDING
Foto en resep: Marian van Deventer
FOOD LOVERS RECIPES
Appel malva poeding gemaak gisteraand vir my engelmansmens. Was awesome verby al moet ek dit self sê en ek nie juis mal oor ‘n appel gereg nie.
Ek maak sommer aan in bak waarin ek dit gaan bak.
1 koppie melk
1 koppie meel
1 eetlepel stroop
1 teelepel koeksoda
1 koppie suiker
1 eetlepel asyn
1 teelepel bakpoeier
1 eier
1 groot blik tertappels (ek het myne fyn gemaak soos moes)
2 eetlepels kaneel

Klits eier en suiker met draadklopper tot lig.
Voeg die stroop en asyn by.
Kook die melk. Voeg die helfte van melk by mengsel en meng.
Sit die koeksoda by die res van die melk en meng, meng in by die res van mengsel.
Sif meel, kaneel en bakpoeier in en meng deur.
Voeg die appelmoes by en meng deur met lepel.
Skep in ‘n voorbereide oondbak.
Bak in oond teen 180°C vir 35 min of tot mes skoon uitkom.
Haal uit die oond en druk gate met ‘n mes in die poeding.

Sous:
Kook ‘n klein botteltjie 100% appelsap met ‘n ¼ koppie suiker tot suiker opgelos is.
Giet oor poeding terwyl nog warm.
Bedien met Ideal melk of roomys.