

GROOTMAAT VLEIS BOLLETJIES
Ek verkies om groot hoeveelhede kos voor te berei en dan ekstras te vries. So mors ek een maal skottelgoed vuil vir twee maal se eet. My mates werk op 15 ml as ‘n eetlepel so mens behoort maklik die resep minder te maak.
2 kg maalvleis
750 ml / 3 koppies broodkrummels (selfgemaak)
500 ml / 2 koppies uie, fyngekap
60 ml / 4 eetlepels droë pietersielie
20 ml / 4 teelepels sout
20 ml / 4 teelepels peper
15 ml / 1 eetlepel Italian Herbs
4 eiers
180 ml / 12 eetlepels Worcestersous
120 ml / 8 eetlepels sweet chillie sous
olie om in te bak
Meng alles saam.
(Die foto s’n is in diep olie gebraai. Dit kan in die oond ook gebak word of selfs op kole braai.)
(Ons het 30 bolletjies gemaak en nog 10 burger patties gevries. Ek skep dit met die roomys skeplepel en rol dan die balletjies.)
Foto en aangepaste resep: Amanda Mostert
One thought on “GROOTMAAT VLEIS BOLLETJIES”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Nota:
Ida Bouwer
Ek gebruik dieselfde resep vir my burger patties. Vries dit dan ook met waspapier tussen in. So lekker om net uit te haal en te braai of bak, net soos jou behoefte daar is. Vir ontbyt soms, haal ek patties uit, maak ‘n effense gaatjie in die middel en sit dan ‘n eier daarin as die vleis amper gaar is.