

LEONE SE KARAMEL BOLLETJIES BROOD
500 ml room (Clover langlewe boksie)
Muscavado bruin suiker
caramel bruin suiker
winkel deeg
Ek meng caramel bruin suiker en Muscavado bruinsuiker, dan rol ek die bolletjies lekker in dit dat dit goed bedek is.
Gooi bietjie room onder in my dikboom swartpot en pak bolletjies in.
Gooi room oor.
Strooi so teelepel suiker op elke bolletjie.
Sit deksel op en sit in oond.
Skakel oond aan en die bolle rys saam met die oond wat warm word.
Bak so 50 min by 180° C.
Geniet.
Foto en Resep: Leone Barnard du Toit






