

AARBEI KLAPPERTJIES
125 gram botter
13 eetlepels suiker, verdeeld
4 eiers, geskei
2 teelepels vanilla
knippie sout
2 koppies bruismeel
2 koppies klapper
aarbei konfyt
Voorverhit die oond tot 160°C.
Spuit kolwyntjie, of ronde madelein panne, deeglik met spray & cook.
Verroom die botter en 8 eetlepels suiker tot romerig. Klits die eiergele by. Klits die sout en vanilla by. Meng die meel by en vorm ‘n deeg. Sit eenkant.
Klits die eierwitte styf en voeg 5 eetlepels suuker by. Klits goed sodat die suiker kan oplos. Meng die klapper by. Sit eenkant.
Rol die deeg uit tot so 3 millimeter. Druk sirkels uit (ek het ‘n doughnut cutter gebruik). Sit ‘n sirkel in elke kolwyntjie holte. Skep ‘n teelepel (moenie skaam wees nie) aarbei konfyt in die middel van elke sirkel. Skep nou ‘n eetlepel klapper mengsel bo-op die konfyt en laat dit die ‘kolwyntjie’ mooi bedek.
Bak vir 20 minute, of to bruin.
Ja ek weet: dit is soort van ‘n Hertzog koekie!!!
Foto en resep: Wayne Dugmore






