

MANDY SE SOET BROODJIES
Vir die soet tand by ‘n braai vat jy:
1 pakkie gekoopte deeg
250 ml room
1 koppie suiker
1 eetlepel koffie
1 eetlepel stroop
Pak bolletjies in pan en meng room met koffie, stroop en suiker.
Giet oor bolletjies. Bak in oond ongeveer 30 minute teen 180°C.
Lip-lek lekker met karamel sousie (die vloeistof mengsel maak die karamel sousie).
Baie bedien dit as ‘n bykos of as ‘n poeding,.
Ons hou van ‘n ietsie soets by braai, vir ons werk dit lekker as ‘n bykos.
Resep geplaas deur Mandy Combrinck






