


CLAUDIA SE LAMSNEK STOOF POTJIE
4 lamsnekke
1 glas goeie kwaliteit rooi wyn
500 ml hoender aftreksel
6 heel knoffel huisies, skoongemaak
10 klein uitjies
1 takkie roosmaryn
1 takkie tiemie
4 wortels, skoongemaak en in stukkies gesny
2 groot soetpatats, in dik skywe gesny
1 eetlepel suiker
knypie sout na smaak
Braai die vleis in olyf olie en regte botter tot bruin.
Sit die uie en knoffel by en braai klein bietjie saam vir paar minute.
Sit die rooi wyn, kruie, en sout by, sit wortels en soet patat bo-op die vleis en kruie.
Sit die hoenderaftreksel by en laaste strooi 1 eetlepel suiker oor die soetpatat.
Sit in oond met deksel op vir 3 ure op 180 grade C.
Bedien met cous cous en dit was heeeeeeeerlik verby
Foto en resep: Claudia Coetzee






