

NATANIA SE VARK TJOPPIE
So lees ek vanmiddag deur al die lekker resepte vir vark tjoppies. Besef toe sommer ook dadelik ek het ‘n hele paar bestanddele kort. So tussen die merk van vraestelle en die brongitis was ek mos nou glad nie lus vir skoene en die dorp nie.
Knyp toe maar oë toe en ‘create’ my eie resep en was dit nou lekker.
Meng die volgende saam na smaak en afhangende van hoeveel tjoppies jy wil gaarmaak.
sweet chili sous
tamatiesous
mayonaise
balsamiese asyn
Illovo se golden syrup
gemengde kruie
sout
peper
bietjie duim vashou
Ek het sommer die hoeveelhede so met die oog geskat.
Die vark tjoppies vir ‘n uur lank in die sousie laat lê en toe in die oond gesit by 180°C.
Net voor gaar, het ek die oorblywende sousie oor gegooi en gebak tot gaar.
MIELIEKOEKIE
1 blikkie mielies (nie room)
2 eiers
½ koppie self raising flour
3/4 koppie wit Cheddar kaas
sout
swart peper
rooi peper
Dreineer mielies.
Klits 2 eiers en meel saam tot glad.
Voeg speserye saam met die eier-mengsel.
Meng mielies en kaas saam met eier-mengsel.
Ek het dit sommer op die stoof in vlak olie gebraai tot gaar.
Foto en resep: Natania Tanna Lourens






