

KRUIE KLUITJIES (DUMPLINGS)
250 g bruismeel
3 ml sout
30 g botter
30 ml vars fyn gekapte kruie of 10 ml droë kruie
Omtrent 125 ml melk of water of ‘n mengsel van die twee
Sif meel en sout saam.
Vryf botter in meel tot dit soos broodkrumerls lyk.
Voeg kruie by.
Meng genoeg melk/water by om ‘n sagte deeg te vorm.
Skep lepels vol deeg op kokende stew of groente, sit die deksel op.
Op die stoof – so 10-15 min, sonder om die deksel op te lig, die kluitjies slaan toe.
Ek het dit in die prutpot gemaak en dit werk perfek. Was in die prutpot vir ongeveer 1 uur en moet glad nie die deksel oplig in daai tyd nie. Skep op en geniet.
Foto: Nicolette Papas






