

KERRIEFRIKKADELLE MET ‘N KERRIEGROENTE SOUS
Frikkadellle:
500 g maalvleis
1 medium grootte ui baie fyn gekap
1 teelepel fyn knoffel
1 teelepel Oreganum
1 teelepel medium kerriepoeier (of volgens jou smaak)
1 pakkie bruinuie soppoeier
1 eier
Meng al die bestanddele vir die frikkadelle in ‘n mengbak, bedek en plaas in die yskas vir ten minste 30 minute voor dit gebruik word.
Sous:
1 blikkie gemengde kerriegroente
1 blikkie gekapte tamaties
1 teelepel koljander poeier
2 eetlepels bruin suiker
1 eetlepel Bisto poeier.
Meng al die bestanddele vir die sous en hou eenkant. Vorm balletjies van die frikkadelle mengsel en rangskik dit in ‘n oondbak. Giet die sous bo-oor, bedek en bak by 180ºC vir 30 minute. Haal die bedekking af en bak vir ‘n verdere 15 minute. Los die bak in die oond vir ten minste 15 minute na die oond afgeskakel is.
Bedien op grof fyngedrukte aartappels of ‘n stysel van jou keuse.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete






