HOENDER KERRIE
12 stukke hoender
vars kruie so groterige takkie sage, curry plant, roosmaryn, 2 naeltjies
1 teelepel celdery sade
1 teelepel poppie saad
1 star anys
2 teelepels sout
genoeg peper
hoender speserye na smaak
2 opgehoopte eetlepels kerrie poeier
1 eetlepel borrie
olyf olie en stuk botter
1 eetlepel garlic
1 teelepel gemmer
1 teelepel groen rissie
2 eetlepels suiker
2 uie
½ van elk groen, rooi en geel soetrissie
1 pak gemende groente
¾ pakkie klein aartappels in 4 gesny
2 sakkies cinnamon groentee, getrek in ‘n koppie kookwater
1 sakkie Ina Paarmen hoender ekstrak
1 koppie wit wyn
1 blikkie coconut melk
Braai die speserye en kruie in olyfolie en botter oor stadige hitte. Pasop vir brand.
Sit nou die uie en peppers by en die vleis en braai ook so klein bietjie.
Jy kan nog botter bygooi as dit lyk of dit wil droog braai.
Gooi nou al die vloeistof by en kook oor stadige hitte vir minimum van 3 ure. Hoe langer hoe lekkerder.
Bedien saam met rys of flatbread.
Resep en foto: Marian van Deventer
Ek het vanaand hierdie hoender kerrie gereg gemaak van Marian van Deventer. Ek het net die hoeveelheid kerrie verminder, ek persoonlik hou nie van teveel kerrie nie. Ek het ook heel klein aartappeltjies gebruik. Dit is voorwaar ‘n gereg vir die koue winter maande.
2 de Foto: Elna Erasmus
geskuif