

MARANDA SE BOLOGNAISE SOUS
Met budgets was styf is en kospryse wat deur die dak skiet is hierdie resep bo op my lys- kan 14 mense voer met die resep as jy hom as bolognaise gebruik.
Ek het altyd van die in vrieskas gebruik ook vir lasagne of sit op broodtjies met gerasperde kaas onder grill
1 kg maalvleis
8 uie
8 huisies knoffel
6 blikkies whole italian tomatoes
100 ml tomato pasteBraai uie wat in blokkies gesny is en knoffel.
Voeg maalvleis by tot bruin.
Voeg dan tamaties en paste by- ek sny myne gewoonlik in kleiner blokke.
Nou vir die geheim.
Op die stadium sit ek die bolognaise in my slow cooker en laat hom op low kook vir tenminste 6 ure of oornag.
Dit is regte italiaanse sous so geen spices.
Ek sit dan reg op einde 3 stock blokkies in (met baie min water).
As jy nie slow cooker het nie, kook net baie stadig en tenminste 3 ure tot jy olie sien opdryf.
Jy kan stock los en net sout bysit volgens smaak.
Resep en foto: Maranda van Dam






