

ELSABIE SE BEESVLEIS BREDIE IN TAMATIE EN BALSAMIESE ASYN
Soo geurig! Regte winterkos, maar dis nog nie so koud nie.
1 kg stowe beesvleis met been aan (dit gee meer geur)
1 groot ui, opgekap
4 wortels, gesny
4 aartappels, gesny
1 blikkie gekapte tamatie en uie
150 ml balsamiese asyn
250 ml beesvleis ekstrak (ek hou van Ina Paarman se vloeistof ene wat jy by water gooi)
200 ml tamatie puree
Om die sous halfpad deur die tydperk te verdik, het ek 3/4 koppie water met 1 pakkie bruin uiesop poeier gemeng en deurgeroer.
Sny die vleis in stukke en behou die bene.
Sit alles in die prutpot en stel op hoog vir 7 ure of tot alles gaar is.
Bedien op rys, stywe pap, koeskoes of fyn aartappels.
Foto en Resep: Elsabe Templeton






