

GROENBOONTJIE BREDIE
4 skaap tjops
1 groot ui, opgesny
1 kg groenboontjies, gekerf
2 groot aartapels
Kook vleis lekker gaar met ui en knoffel in bietjie water, nadat jy die uie en knoffel eers bietjie gebraai het.
Gooi 1 kg groenboontjies by en kook tot amper sag.
Voeg 2 groot aartappels in blokkies gesny, by.
Kook vir 30 min tot aartappels sag is.
Ek druk die aartappels bietjie fyn om die sous dik te maak.
Bedien op rys of soos verkies.
Foto en Resep: Leon Boetiekie Hartman






