

BASIESE BROOD (SALTON BROODMASJIEN)
280 ml koue water
1 eetlepel suiker (15ml)
1 teelepel sout (5ml)
30 ml olie
3 koppies koekmeel
1 ½ teelepels gis
Plaas bestanddele in daardie volgorde in die broodmasjien se pan.
Sit op Basic en start.
Na 3 ure is daar ‘n heerlike vars brood.
Rosyntjiebrood:
280 ml koue water
3 eetlepels olie
3 koppies meel
1 teelepel fyn kaneel
1/3 koppiie suiker
1 ½ teel sout
2 ¼ teel gis
Wanneer broodmasjien eerste keer “beep” voeg by ¾ koppie rosyntjies.
As groterige rosyntjies halveer ek dit.
Ek voeg so ‘n teel mixed citrus peel by.
Koop nooit meer hot cross buns nie
Plaas bestanddele in daardie volgorde in die broodmasjien se pan.
Sit op Basic en start.
Resepte: Jacqui Conradie






