

LAMSPOTJIEKOS
1 kg lampotjie vleis
4 medium aartappels, in blokkies gesny
2 kp gemengde groente, jou keuse
2 uie, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
3 naeltjies, sout en peper, vleis speserye
bietjie suurlemoensap
Braai ui tot lekker bruin en voeg knoffel by, braai nog bietjie.
Voeg vleis by en braai baie bruin aan albei kante met speserye oor.
Voeg nou louwarmwater by tot vleis net bedek is, asook naeltjies en suurlemoensap, so twee eetlepels. Kook vleis tot sag, voeg dan aartappels en gemengde groente by ( ek het gevriesde groente gebruik).
Moenie onnodig water byvoeg nie, die groente maak ook water. Hou maar dop. Kook tot alles sag en gaar is.
Bedien met rys.
Resep en Foto: Ronell Muller Boshoff






