

ONGEBAKTE GRONDBOONTJIE BLOKKIE
Kors
1 pakkie tennisbeskuitjies
knippie kaneel
90 g botter gesmelt
Vulsel
250 g botter
250 ml growwe grondbooontjiebotter
625 ml gesifte versiersuiker
625 ml rice krispies
Bolaag
200 g witsjokolade
3 eetl gladde grondboontjiebotter
Voer ‘n bak van 30×20 cm met bakpapier uit.
Kors: maak die koekies fyn en voeg die kaneel en botter by. Druk dit vas in die bak.
Vulsel: Smelt die botter en roer die grondboontjiebotter by tot gesmelt. Verwyder dit van die hitte. Voeg die versiersuiker by die mengsel en meng goed. Roer rice krispies by en meng. Skep dit op die kors en maak dit gelyk bo-op. Verkoel 2 ure lank.
Bolaag: smelt die sjokolade en meng grondboontjiebotter by. Skep die bolaag oor die vulsels en laat stol.
Heerlik met of sonder die bolaag.
Resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis






