

CECILIA SE GEMMER KOEKIES
Hierdie is ‘n harde koekie.
500 g stroop
500 g margarien
5 koppies suiker
2 eiers
8 koppies koekmeel
3 eetlepels gemmer
2 eetlepels koeksoda
2 eetlepels kremetart
knippie sout
Verhit stroop.
Meng botter en suiker tot romerig.
Voeg stroop by.
Roer geklitste eiers by.
Voeg droë bestanddele by.
Rol in balletjies. (nie nodig om effens plat te druk nie)
Bak vir ±20 minute by 180°C.
Resep: Cecilia Swanepoel Nance







geskuif