

JOYCE SE PASTEIDEEG
(werklik ‘n treffer)
230 g margarien
3 koppie koekmeel
½ teelepel sout
1 koppie maas
Vryf margarien in koekmeel en sout in.
As ek haastig is maak ek die margarien sommer sag in die mikrogolf.
Meng maas by en meng goed, die deeg is klammerig.
Plaas in die yskas vir ‘n uur.
Gebruik soos benodig.
Ek hou altyd ‘n stuk in my yskas.
Rol uit en gebruik soos gewoonlik.
Hierdie deeg is lekker bros.
Resep: Joyce Woodley






