

SUSANNA SE AARTAPPEL-POFFERS
3 koppies aartappels, fyn gemaak
2 eiers
2 eetlepels chives of pietersielie
2 eetlepels Cheddar kaas
2 eetlepels Parmesan kaas (ek het die fyn Parmesan kaas gebruik)
sout en peper na smaak.
⅓ koppie suurroom
Meng eiers, room, chives en kase alles saam en meng met fyn aartappels tot goed gemeng. Skep in gesmeerde muffin pan en bak op 180°C vir 30 minute.
Bedien saam met suurroom en wat jy ookal wil bysit.
Foto: Susanna Kruger
Resep geplaas deur Susanna Kruger






