
AARTAPPELSLAAI-IDEES
Johan Röntgen
Ek het ‘n klompie aartappelslaai oor wat ek nie wil weggooi nie. Wil iets lekkers met dit maak, dit het suurroom en kaas ook in. Enige voorstelle?
Issabella Visagie:
Vat pita brood met blaarslaai en koue vleis, sit dit in en geniet die ete.
Of jy kan gerookte hoender ook daar in sit.
Ina Coetzer:
Braai spek en of ham, sny dit by met pynappelstukkies daarby, en sit op toast en smelt kaas bo oor. Jy kan van die pynappel sous saam in die mayonaise meng. Ek noem dit sommer Hawain aartappel.
Johanna Viljoen Zwiegelaar:
Gooi argurkies, mielies, tamaties fyn gesny in, dit ook heerlik.
Lesdee Gloak Bam
Some ideas for you; Make little “wraps” using ham slices, fill with finely chopped potato salad.
Roast potatoes in the oven.
Warm the potatoes in a frying pan, top with an egg for a breakfast.
Make potato latkes.
Geraldene Camons Cartwright:
Meng ‘n blikkie tuna en gekerfde agurkies en bedien op oop broodjies vir ligte ete.






