


OONDGEBAKTE RIBOOGSTEAK
2,5 kg ontbeende riboog van Botswana met swart pepper, mosterd en olyf olie gesmeer en in my gasoond gerooster op 250°C vir eerste 30 min en dan afgestel na 180°C vir 1 en half ure. Ek het getoets dat die binne temperatuur nie hoër as 60°C gaan nie.
Nadat ek dit uit my gasoond gehaal het, het ek dit laat rus vir halfuur toegemaak met foelie sodat dit nie heeltemal afkoel nie, eers daarna het ek dit gesny.
Ek het die stuk vleis oor twee dae in die yskas ontdooi. En natuurlik gaan dit teen kamer temperatuur in die oond. Dit was oor genoeg gewees vir 10 mense plus ekstra vir dun te sny vir koue vleis vir môre.
Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Foto: Elsabie Templeton
One thought on “OONDGEBAKTE RIBOOGSTEAK”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Geskuif