GEBAKTE AARTAPPEL ROL
6 x medium aartappels
2 x soorte gerasperde kaas van keuse
1 x pakkie geroomde spinasie
2 x medium uie
250 g maalvleis van keuse
Olyf Olie
Knoffel
Sout
Peper
Speserye van keuse
Peppadews of Jalapenos of Olywe
Bakpapier Oondbestand (nie Wax Papier nie)
Plaas bakpapier in oond pan en strooi gereasperde kaas
Sny 6 x medium aartappels in 4mm dik skywe
Pak aartappel skywe bo oor kaas in oond pan – foto 3
Strooi nog bietjie kaas
Braai 2 x fyn gekapte uie in olyf olie in braai pan tot dit karameliseer
Voeg maalvleis by, knoffel en speserye, sout en peper. Kan klein bietjie blatjang van keuse ook byvoeg om bietjie soet te maak.
Braai saam met peppadews, jalapenos of olywe tot net mooi gaar
Bak die aartappels in die oond teen 180 grade C vir 30 minute
Smeer spinasie eweredig net voordat maalvleis gesmeer word.
Smeer eweredig met gaar maalvleis mengsel
Rol dit op
2 de Foto: Opgerolde aartappel rol
Strooi nog kaas
Bak in oond teen 180 ºC vir 15 tot 20 minute
1 ste Foto: Finale produk
Sny in skywe en geniet ☺
Resep en foto: Jacques Labuschagne
Sarel Van Rooyen
Jacques Annelize Labuschagne jou dis het lekker gewerk vir ons. Dit was heerlik. Ek het my aartapels net te dun gesny, maar so leer ons. My familie het hul vingers afgeeet. Ek het n knoffel brood en groen slaai saam bedien. Dankie dis n wenner