
HEERLIKE STOKVIS GEREG
500 g stokvis ontbeen
2 x houers suurroom
1 x pk bruinuie soppoeier
broodkrummels
gerasperde kaas
gekapte pietersielie
gesmelte botter
sout
melk om stokvis in te week vir ‘n rukkie
Haal vis uit die melk en pak in ‘n oondpan
Strooi die soppoeier oor die vis
Gooi die suurroom oor die vis
Meng die reg van die bestanddele saam, (hoeveelhede sal afhang hoe dik jy dit oor die vis wil strooi) strooi oor die vis. Bak vir ongeveer 40 min teen 180 grade C tot vis gaar is.
Bedien op rys met ‘n lekker slaai by, of soos verkies.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans






