SPEK, SPINASIE EN SAMPIOEN FRITTATA
6 meduim eiers geklits
Half kp gaar spek stukkies
groot hand vol gekapte spinasie
half kp fyn gekapte sampioene
1 eetl gekapte vars garlic chives
1 eetl gekapte vars pietersielie
1 kp gerasperde kaas
sout en swart peper na smaak
Neem ‘n pan wat in die oond gesit kan word onder die rooster.
Stel die oond op rooster “grill”
Meng bogenoemde saam buiten die kaas
Sit jou pan op die stoof met bietjie olyfolie en gooi jou mengsel daarin, maak die roereier mengsel halfpad gaar, roer gereeld… wanneer dit begin stol, los so paar sekondes op die plaat om onder te seel, haal af, gooi die kaas bo oor en sit onder die rooster in die oond tot die kaas gesmelt en die eier alles gestol en gepof is.
Nota: ek het nie die kaas oorgesit nie, maar wel klein bietjie binne-in geroer.
Heerlike ontbyt of ligte ete.
Resep en foto: Rina Kleinhans