

BOLOGNESE MET ‘N VERSKIL
1 groot ui gekap
500 g maer bees maalvleis
1 groot knoffel toontjie, fyn gerasper
1 groot wortel, grof gerasper
1 medium eiervrug geskil en in blokkies gesny
1 blik tamatie en uie
1 x 115 g houertjie tamatie paste (plastiese koppietjie van Rhodes)
1 blik rooi nierboontjies, goed afgewas
1 eetlepel Italiaanse kruie
1-2 eetlepels balsamiese kralletjies of druppels
Braai uie, knoffel, eiervrug, wortel en Italiaanse kruie in olie in pan tot uie deursigtig en sag.
Sit die vleis by en maak los van mekaar met plat spatula en roerbraai vinnig terwyl roer en in kleiner stukkies opbreek.
Gooi die blik tamatie en uie en die plastiese houertjie tamatie paste by en roer deur. Voeg nou die rooi nierboontjies by en laat prut vir ongeveer halfuur. Hou die vloeistof dop. Geur met sout en peper en sit so 1 tot 2 teelepels bruin suiker by om die suur van tamatie te neutraliseer. Wanneer die sous gaar is, sit so 1 groot eetlepel balsamiese asyn kralletjies by en roer deur. Bedien op pasta.
Foto: Elsabie Templeton
Nota: Vanaand se Bologna sous net my gewone ene sonder eiervrug, rooi boontjies en balsamiese kraletjies. Bedien met macaroni. Vanaand het ek die sous met stick blender fyner gemaak soos ‘n dik tamatie vleissous.
Foto: Elsabie Templeton







