

MARIEBESKUITJIES “TRUFFLES” MET WIT SJOKOLADE
300 g mariebeskuitjies
200 g wit smelt sjokolade
180 ml room
30 ml botter
15 ml vanilla essense
smelt sjokolade vir doop
vermicillie vir doop
Maak mariebeskuitjies fyn in ‘n bak met ‘n glas se onderkant. Gooi koekies oor in ‘n glasbak. Sny sjokolade op in klein stukkies en gooi by koekies. Bring room en botter geleidelik tot kookpunt. Haal van hitte af sodra dit kook en meng vanilla by. Gooi oor koekiemengsel en roer tot sjokolade gesmelt is. Sit in yskas tot gestol. Rol balle en doop van hulle in vermicillie en die ander in die gesmelte sjokolade. Laat weer stol en geniet.
Resep en foto: Zelda Herridge
One thought on “MARIEBESKUITJIES “TRUFFLES” MET WIT SJOKOLADE”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







geskuif