

CHUTNEY FRIKKADELLE
Maalvleis genoeg vir jou gesin – ons is net 2
500 g maalvleis
1 gerasperde ui
1 knoffelhuisie gekap
kwart klein groenrissie fyn gekap
1 eier
2 eetlepels Jungle Oats, as bindmiddel
1 eetlepel Chutney, na jou smaak
klein bietjie asyn ( 2 teelepels)
sout en peper, na smaak
titsel naeltjie
Smoor ui apart tot mooi bruin in bietjie gesonde olie. Meng die res van die betanddele saam en maak balletjies. Pak die bolletjies by die gebraaide ui en maak stadig gaar.
Voed stadig met bietjies water wanneer begin droog braai vir lekker sousie. Braai tot bolletjies mooi bruin en gaar is.
Saam bedien met slaai en gekookte aartappel en stukkies spanspek.
Resep en Foto: Louwtjie Beck






