

TUISGEMAAKTE GEROOKTE BACON(SPEK)
Ek vryf die “pork belly” in met 70 g sout en 70 g bruin suiker (per kilogram vleis) en plaas die vleis in ‘n ziplock sakkie. Ek voeg ook Esdoringstroop (Maple) by maar dis opsioneel.
Plaas die vleis in die yskas vir ‘n week, draai dit elke dag om.
Die sout trek al die vog uit en die vleis is redelik hard na die week.
Was die sout goed af voor jy dit rook.
Ek hang die vleis vir nog ‘n dag in die yskas om ‘n lagie buite-om te maak. (rook kleef dan beter vas).
Plaas die saagsels (so 2 hande vol) in water die aand voor jy begin rook.
Plaas 30 webber kole in die Webber aan een kant met die houtsaagsels bo-op.
Steek so 5 of 6 kole aan en as dit mooi aan die gang is, plaas jy die kole bo-op die saagsels.
Plaas die varkie ver van die kole af en kontroleer die hitte om nie meer as 130ºC te word nie, beste temperatuur is 110ºC.
Hang af hoe groot die varkie is, maar hy rook so 2 tot 3 ure, nie langer nie, anders raak die vleis te droog.
Dis regtig baie lekker. Sny die vleis in lekker dun skywe en voila, jy het heerlike “bacon”.
Resep en foto: Chris van Rensburg
Notas:
Silvia Van Eck – Chris los jy die velletjie (rind) aan of haal jy dit af?
Chris van Rensburg – Ek verwyder dit. Jy kan dit ook los. Dit kan gebruik word in sop of ander kosse om die rooksmaak te kry.
Rina Kleinhans – Chris, baie dankie vir jou foto en resep, net een vraag, nadat dit klaar gerook is, kan mens dit dadelik opsny en verpak soos “bacon”, en hoe maak jy dit gaar, asb help my net dat ek dit vir die beginners by die resep kan plaas.
Chris van Rensburg – Hi Rina, plesier. Die vleis word gaar terwyl dit rook. Wanneer dit afgekoel het, kan jy dit sny en verpak. Verkieslik met ‘n broodsnyer of iets soortsgelyks. Lekker as dit dun gesny is.






