

BOKS- OF OONDPAN KOEK
500 ml kookwater
150 ml kakao
2 teelepels vanilla geursel
250 ml kookolie
Meng bogenoemde saam en laat staan eenkant.
6 eiers
750 ml suiker
3 ½ koppie koekmeel (vir wit koek 4 koppies koekmeel)
6 teelepels bakpoeier
knypie sout
Klits eiers en suiker vir 5 minute.
Meng Kookwater, kakao en kook olie saam.
Sif meel en bakpoeier saam.
Voeg die meel mengsel by kookwater mengsel en meng goed.
Voeg dit nou by eier en suiker mengsel en meng saam.
Bak 40 minute by 180 ºC.
Versiering:
Dis ‘n gewone sjokolade oondpan koek, versier met karamel, sjokolade “wafers” rondom wat ek vasbind met rooi lint en dan versier met astro’s, chocolate coated peanuts en wit- en donker sjokolade “shavings”. Met hierdie koek is dit nie nodig om enige ander lekkers voor te sit nie, hulle kry sommer al hulle suiker met een slag in!
Resep en foto: Retha Collett






