

PEPERMINT EN “CHOC CHIP” CUPCAKES
140 g koekmeel
185 g strooisuiker
30 g kakao
40 g sjokolade skyfies
½ teelepel koeksoda
¼ teelepel sout
125 g karringmelk
120 ml koffie, afgekoel
100 ml olie
1 groot eier
¼ teelepel peppermint ekstrak
Sif droë bestanddele saam en roer die sjokolade skyfies by. Klits nat bestanddele saam.
Voeg die droë bestanddele by die nat bestanddele en klits deur. Skep in 12 cupcake houers en bak by 160°C vir 22-25 min.
Versiersel:
150 g sagte ongesoute botter
340 g gesifte versiersuiker
3 eetlepels melk
¼ teelepels peppermint ekstrak
75 g sjokolade, gesmelt en afhekoel.
Groen kleursel
Sjokolade sprinkels
Klits die botter tot bleek en voeg die versiersuiker by. Meng die melk en die peppermint by. Deel in 2 dele. Deel 1 – Sit groen kleursel by asook sjokolade sprinkels. Deel 2 – Meng gesmelte sjokolade in versiersuiker en bietjie bruin kleursel indien nodig. Sit die 2 dele langs mekaar in ‘n spuitsak en spuit rosette bo-op die cupcake. Sprinkel sprinkels oor.
Foto: Frances Smith






