VRUGTEKOEK A LA RINA
6 koppies droë vrugtekoekmengsel
1 koppie gesnipperde kersies, groen en rooi (Ek sit ½ koppie groen gesnyde kersies in en ½ koppie rooi kersies in)
¾ koppie gekapte pekanneute
Week bogenoemde oornag in ½ koppie Old Brown sjerrie.
Voeg die volgende dag die volgende by:
1 teelepel Rum geursel
1 teelepel amandel geursel
(Jy kan ½ koppie swart koffie byvoeg, maar ek sit so ¼ koppie Mokador by die oornag mengsel.)
2 koppies koekmeel
250 g botter
5 eiers geklits
3 eetlepels appelkooskonfyt
1 koppie bruinsuiker
1 teelepel mixed spice
1 teelepel gemmer
¼ teelepel elk koeksoda, nutmeg en fyn naeltjies
Meng sagte botter en suiker goed. Voeg geklitste eiers en appelkooskonfyt by oornag mengsel. Meng baie goed.
Sif meel en droë bestanddele by en meng goed dat alle meel ingewerk is.
Bak by 140°C vir ‘n 1 uur en dan vir 1½ by 120°C.
Haal uit, giet brandewyn oor na jou smaak.
Laat koud word in die pan. Keer die koek môre oggend uit die pan en giet nog bietjie brandewyn of as jy Old Brown sjerrie wil oor, is dit ook ‘n goeie keuse.
Maak goed toe in lugdigte houer of foelie.
Foto: Rina Botha