KRAKERTJIES
250 g botter (moet botter wees)
250 g (300 ml) witsuiker (moet witsuiker wees)
2 eiers
5 ml vanilla geursel
500 g bruismeel
1 ml sout
graanvlokkies bietjie fyn gedruk maar nie te fyn nie
Room botter en suiker saam. voeg eiers 1 vir 1 by en klop goed na elke byvoeging.
Roer geursel by. Sif bruismeel en sout saam, en meng met die bottermengsel.
Rol deeg in klein balletjies en rol balletjies in graanvlokkies. (indien verkies kan graanvlokkies fyngemaak word).
Plaas balletjies ‘n entjie uitmekaar op ‘n gesmeerde bakplaat, druk met ‘n vurk plat.
Bak 10 – 12 min by 190°C of tot goudbruin.
Lewer ongeveer 130 koekies
Resep geplaas deur Tanya Smith